Kersfees Bokkie!

0
Die toiletrolletjie is ‘n alledaagse item wat met ‘n bietjie verbeelding ontskep kan word in kunstige pret. Benodighede: Bruin ‘tempera’ verf en verfkwas Toiletrolletjies Wit gom Skêr Pypskoonmakers ‘Googly’ ogies Blink pom poms Lint Klokkies Instruksie: Druk bruin verf uit en laat die kiddie die toiletrolletjies bruin verf, laat om droog te word. Terwyl die toiletrolletjie droog word kan mamma die pypskoonmakers in die helfte sny en die twee helftes middeldeur vou. Draai...

Kersfees Tyd!

0
Die Kersgety is my gunsteling tyd van die jaar. Vir my is dit ‘n tyd vir dankbaarheid, kreatiwiteit en die mees belangrikste familietyd. Die doel agter die kersprojekte is dat Mamma en kiddie dit saam beplan, voltooi en die mooi daavan geniet. Handgemaakte Kersboomballe: (Mamma help met die voorbereiding en gesamentlike voltooiing van die projek.) Benodighede: Polistireen balle (verskillende groottes) Kersgeskenkpapier (Laas jaar se oorblywende stukkies sal...

Ysie Kryte

0
Ysie kryte is ‘n prettige, maar morsige kunsprojek en is dus ‘n perfekte buite-aktiwiteit vir die warm somersdae. Deel van die pret is om te sien hoe die ysie tussen die kiddies se vingers smelt. Resep: Meng water met voedselkleursel of koeldrankstroop of vrugtesap. Giet die mengsel in ysbakkies. (Optioneel: plaas roomysstokkies in die ysie mengsel en vries. Geniet die ysie kryte!  
Hier is 'n resep vir tuisgemaakte vingerverf! ½ koppie Koekmeel ½ koppie Koue water 1 teelepel Voedselkleursel 1 teelepel Voedselgeursel (opsioneel) Meng al die bestanddele saam in ’n mengbak en roer deeglik om van al die klonte ontslae te raak. Die verf-mengsel moet ‘n gladde tog stywe tekstuur besit. Gooi die tuisgemaakte vingerverf in ‘n plastiekbakkie. Herhaal  die resep vir ‘n tweede of derde kleur. Lekker verf!
Vingerverf is ‘n morsige, prettige aktiwiteit vir peuters, kleuters en kinders! Vingerverf bied kiddies die geleentheid om direk met die verf in kontak te kom en bied ‘n sensoriese ondervinding omdat kinders die tekstuur, kleur en geur van die verf kan waarneem en beskryf. Gereelde vingerverf aktiwiteite dra by tot fynmotoriese ontwikkeling en oefen die vingerspiertjies wat later belangrik is...
Gepofte Mikrogolf Verf ½ koppie Bruismeel (Self Raising Wheat Flour) ½ koppie Koue water 2 eetlepels Sout 2 teelepels Voedselkleursel (½ koppie koekmeel gemeng met 2 eetlepels bakpoeier kan as ‘n plaasvervanger vir bruismeel gebruik word.) Meng die bruismeel, sout en water in ‘n bak en roer tot ‘n gladde mengsel. Verdeel die mengsel en voeg die voedselkleursel by. Pas die resep aan as die mengsel te...
Ek het hierdie tuisgemaakte klei resep uit een van my kunsboeke gesnuffel en hou baie daarvan. Die klei word heelwat vinniger as soutklei lugdroog. Die klei beskik oor ‘n ligte, gladde tekstuur. Weereens omdat daar hitte betrokke is by die maak van die klei is die voorbereidingsproses slegs geskik vir ‘n volwassene. 1 koppie Mielieblom (Cornstarch) 2 koppies Koeksoda 1 ½ koppie Koue water Verskillende...

Soutklei

0
Ongekookte soutklei is prettig en kindervriendelik. Omdat daar niks hitte betrokke is by die resep nie kan kinders heelwat deel neem aan die maak proses van die soutklei. Daar is verskillende soutklei resepte, ek het die spesifieke klei resep gebruik en ek hou van die elastisiteit wat die klei bied. Die soutklei het nie gekraak of bros geraak met die uitdroging nie. Die...
Klei bly ‘n fantasiese kunsmedia en kiddies voel aangetrokke om met klei te werk en te skep. Omdat klei ‘n medium is wat met die hande gemanipuleer moet word om vorm te vat, bied dit ook waardevolle ontwikkeling vir jou kiddie. Daarom is gereelde klei spel nie net pret nie maar ook belangrik. Soutklei is iets waarmee ons grootgeword het en bly...

KiddieKuns Les

0
Voorbeeld van 'n KiddieKuns les. Met herfs aan die kom en die bome se blare wat verkleur, was dit vir my 'n inspirasie om so bietjie kleur vastevang voor al die blare van die bome verdwyn vir die winter. Om my kunstenaartjies te inspireer het ons eers na verskillende tipes bome en vorms van blare gekyk. Daarna het ons na ander...