Hier is ‘n resep vir tuisgemaakte vingerverf!
½ koppie Koekmeel
½ koppie Koue water
1 teelepel Voedselkleursel
1 teelepel Voedselgeursel (opsioneel)
Meng al die bestanddele saam in ’n mengbak en roer deeglik om van al die klonte ontslae te raak.
Die verf-mengsel moet ‘n gladde tog stywe tekstuur besit.
Gooi die tuisgemaakte vingerverf in ‘n plastiekbakkie.
Herhaal die resep vir ‘n tweede of derde kleur.
Lekker verf!