‘n Kersfees ‘bak en brou’ projek om 2013 aftesluit!
Een van my gunsteling sprokies om vir die kinders te lees is die ‘Gemmerbroodmannetjie.’ So deur die jare het ek al ‘n hele versameling van gemmerbroodmannetjie drukkers bymekaar gemaak juis vir ‘n ‘bak en brou’ projek.
Vir die projek kan enige gemmerkoekieresep gebruik word, ek het wel die resep wat ek gebruik het se bestanddele gehalveer.
Natuurlik is Mamma verantwoordelik vir die voorbereiding en bak van die koekies en dan sodra die koekies afgekoel is kan die versiering oorgelaat word aan die kiddies.




