Gepofte Mikrogolf Verf
½ koppie Bruismeel (Self Raising Wheat Flour)
½ koppie Koue water
2 eetlepels Sout
2 teelepels Voedselkleursel
(½ koppie koekmeel gemeng met 2 eetlepels bakpoeier kan as ‘n plaasvervanger vir bruismeel gebruik word.)
Meng die bruismeel, sout en water in ‘n bak en roer tot ‘n gladde mengsel.
Verdeel die mengsel en voeg die voedselkleursel by.
Pas die resep aan as die mengsel te styf of te slap voorkom.
Skep die mengsel in versiersuikersakkies of versiersuikerhouertjies.

Sny karton in A5 blokkies of gebruik ‘n papierbord.
Laat kinders toe om interessante vorms en lyne te trek met die verskillende kleure.
(Natuurlik is die uitdrukking van die verf baie goeie oefening vir die handjies.)
Mammas, plaas die papier vir 15-20 sekondes in die mikrogolf.
Kyk net hoe interessant!

