Ongekookte soutklei is prettig en kindervriendelik.
Soutklei Resep
- 1 Koppie Koekmeel
- 1/4 Koppie Sout
- 1/2 Koppie Water
- 2 Teelepels Kookolie
- Meng die meel en sout in ‘n mengbak.
- Meng die water en olie geleidelik by en roer aanhoudend.
- (Opsioneel: Voeg 1 teelepel voedselkleursel by die mengsel.)
- Meng totdat die mengels ‘n stywe, kniebare deeg vorm.
- Knie die klei ‘n paar keer om dit sag en elasties te maak, strooi meel soos nodig.
Omdat daar niks hitte betrokke is by die resep nie kan kinders heelwat deel neem aan die maak proses van die soutklei.
Daar is verskillende soutklei resepte, ek het die spesifieke klei resep gebruik en ek hou van die elastisiteit wat die klei bied.
Die soutklei het nie gekraak of bros geraak met die uitdroging nie.
Die resep lewer baie klei wat handig te pas kom as daar verskillende kleureskemas benodig word.
Die uitdroogtyd van die klei hang af van die hoeveelheid en dikte klei wat gebruik is in die skeppings.
Uitgedroogte soutklei kan ook geverf word.
Geniet die klei!
