IMG_3714Benodighede:

  • Groen Gekookte soutklei
    (Die resep is beskikbaar op die webwerf)
  • Verskillende Kerfees koekiedrukkers
  • Strooitjie
  • Kleirollertjie
  • Kleibord of skinkbord
  • Lint  of blink tou
  • Verskillende versierings, kraletjies, blinkertjies, pypskoonmakers, klokkies ens.

Metode:

Mammas berei die gekookte soutklei voor en laat die klei afkoel.
(Bêre ongebruikte klei in ‘n lugdigte houer in die yskas.)
Sodra die klei afgekoel is, knie dit ‘n paar keer deur om die klei sag en elasties te maak.

IMG_3621Laat kinders die klei lekker plat uitrol op ‘n kleibord of ‘n gladde skinkbord, verleen hulp om die klei se dikte min of meer eweredig te kry.
Gebruik die koekiedrukkers en druk verskillende vorms in die klei.

Gebruik die strooitjie om gaatjies bo die kleivorms te druk waardeur die lint of toutjie geryg kan word.

Sodra daar genoeg vorms is kan kinders begin met die versiering.
Druk die versiering in die nat klei in en laat so om droog te word.
Plak enige verlore of verdere versierings later sodra die klei uitgedroog is.

IMG_3627Die klei vat so ‘n week om uittedroog en ek het gevind dat die gekookte soutklei nie bros of verbrokkel nie.
Versier die kersboom of kersgeskenke daarmee.

IMG_3721

IMG_3715