IMG_3557

Die Kersgety is my gunsteling tyd van die jaar.
Vir my is dit ‘n tyd vir dankbaarheid, kreatiwiteit en die mees belangrikste familietyd.
Die doel agter die kersprojekte is dat Mamma en kiddie dit saam beplan, voltooi en die mooi daavan geniet.

Handgemaakte Kersboomballe:
(Mamma help met die voorbereiding en gesamentlike voltooiing van die projek.)

IMG_3559Benodighede:

  • Polistireen balle (verskillende groottes)
  • Kersgeskenkpapier
    (Laas jaar se oorblywende stukkies sal goed werk)
  • Wit gom en ‘n gomkwas
  • ‘n Ekstra bakkie om die gom in uittegooi
  • ‘Tempera’ verf in ‘n bakkie gegooi
  • Verfkwas vir die verf
    (Indien u van die kersballe wil verf)
  • Versiersel (tinsel, blinkergom, lint, plakkers ens.)

Tuisgemaakte ‘decopodge’  resep:

Gebruik die wit gom, ek het ‘Bostik Art and Craft’ se wit gom gebruik.
Gooi van die gom in ‘n bakkie en meng met ‘n bietjie water.
(Deur die gom met die water te meng word die gom verdun en smeer dit makliker, dit word vinniger droog en gee ‘n effense blink voorkoms aan die versiering.)IMG_3574 - Version 2

Metode:
Laat die kiddie die geskenkpapier in verskillende grootte stroke skeur.
Meng die tuisgemaakte ‘decopodge’.
Smeer die boonste gedeelte van die polistireen bal met die ‘decopodge’ en plak die geskeurde geskenkpapier bo-oor.
(Moenie bekommer oor die hoekies van die papier wat oplig nie, sodra die hele boonste gedeelte van die bal toegeplak is met geskenkpapier, verf die ‘decopodge’ bo-oor die geplakte papier.)

Los ‘n oomblik vir die gedeelte om droog te word. (Begin beplan aan ‘n tweede of selfs ‘n derde kersbal.)
Draai die bal om en plak die onderste gedeelte van die bal toe met die geskenkpapier. Verf nou ook die onderste gedeelte met die ‘decopodge’ en gee ‘n oomblik vir dit om droog te word.

Sodra die ‘decopodge’ gom orals droog is, is dit tyd om die res van die versierings te plak en die afrondings te doen.
Blinkergom, lint, plakkers / sterretjies en tinsel vorm als deel van die kreatiewe pret.

IMG_3562

Sodra die kersbal versier is los dit ‘n oomblik om droog te word.
Hang die handgemaakte versiering op die kersboom!