Die toiletrolletjie is ‘n alledaagse item wat met ‘n bietjie verbeelding ontskep kan word in kunstige pret.

IMG_3599

Benodighede:

  • Bruin ‘tempera’ verf en verfkwas
  • Toiletrolletjies
  • Wit gom
  • Skêr
  • Pypskoonmakers
  • ‘Googly’ ogies
  • Blink pom poms
  • Lint
  • KlokkiesIMG_3580

Instruksie:

Druk bruin verf uit en laat die kiddie die toiletrolletjies bruin verf, laat om droog te word.
Terwyl die toiletrolletjie droog word kan mamma die pypskoonmakers in die helfte sny en die twee helftes middeldeur vou.

IMG_3587

Draai die onderste gevoude gedeelte van elke pypskoonmakers saam.
Help die kiddie om die vier punte van die pypskoonmakers in interessante takbokhorings te buig.

Buig die boonste rante van die toiletrolletjie toe. Knyp die gebuigte horings in die hoeke van die toiletrolletjies toe. Plak nou ook die lissie sodat die takbok kan hang aan die kersboom.

IMG_3607

Buig die onderste rante van die toiletrolletjies in die teenoorgestelde rigting as die boonste om ‘n punt te vorm.
Plak nou die takbok se ogies, gebruik die ‘pom pom’ vir die neusie en bind die lint om vir versiering.
Rond die takbok af met ‘n klokkie!

IMG_3614